Iran: Kernkrag onderhandelings vorder nie

Alhoewel daar nog optimisme bestaan dat ʼn ooreenkoms bereik sal word met Iran oor die kernkrag situasie, is op hierdie stadium nie belowend nie, en die afgelope onderhandelings het met stampe en stote gegaan.

Die Europese afgevaardigdes was gefrustreerd met die uiters stadige pas  van vordering in die pogings om Iran en die VSA  te kry om ʼn nuwe kernkrag ooreenkoms te beklink.

Dit is nie net Iran wat sy eie voorwaardes het om terug te keer na die onderhandelings tafel met Amerika nie, want die VSA het self sterk oortuigings wat as voorwaardes vir onderhandeling gestel word.

Senior diplomate van Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Sjina en Rusland voer gesprek met die leiers van Iran waar hulle Saterdag in die Oostenrykse hoofstad Wene byeen gekom het.

Die Russiese diplomaat, Mikhail Ulyanov, sê die onderhandelings sal vorder as die internasionale sanksies teen Iran opgehef word, end it sal Tehran laat besluit om ʼn ooreenkoms te finaliseer.