Inkomstediens teiken Taxi bedryf

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het nou sy fokus verskuif na die R90 miljard taxi bedryf wat verlede jaar slegs sowat R5 miljoen aan belasting betaal het.

Die minibus taxi bedryf het klaarblyklik nog al die jare daarin geslaag om sy belasting verpligtinge tot ʼn groot mate te systap.

Kenners meen die R5 miljoen van verlede jaar wat deur die bedryf as belasting betaal is, nie eers een provinsie se minibus taxi’s se inkomste belasting kan wees nie.

 Die finansiële deskundiges reken die bedryf behoort intensief ondersoek te word om belastings te verhaal uit vorige jare se inkomste wat genereer was.

Die Inkomstediens se naarstigtelike soeke na meer inkomste uit belastingbetalers se beursies hou verband met die swak ekonomiese toestand van die land, en moet maksimum belastings invorder sodat buitelandse lenings betaal kan word, is gesê.