Indonesië: Hernude gevaar met vulkaan

 Die vulkaan in Indonesië het weer begin om swaar rook wolke en as die lug in te blaas en het die afgelope week so erg geword dat plaaslike inwoners van die omgewing geadviseer is om eerder op ʼn afstand van etlike kilometer te bly wat meer veiligheid sal verseker.

Die Sinabung vulkaan het veroorsaak dat die owerheid verplig was om inwoners te dwing om minstens vyf kilometer weg te beweeg om ʼn moontlike uitbarsting van lawa te vermy.

Die naweek is warm as tot 3 kilometer hoog die lug ingeblaas, en vrese het ontstaan dat dit kan vererger met lawa wat teen die berg af kan vloei en uiters gevaarlik vir mense en diere sal wees.

Onlangs het die vulkaan lawa uitgestoot en moes inwoners inderhaas die gebied ontruim, en die owerheid reken dit is moontlik om weer te gebeur.