Indië pandemie nog lank

Alhoewel Indië nog sukkel om die pandemie van koronavirus infeksie te keer dat die verspreiding verminder, waarsku wetenskaplikes dat die land nog lank gaan stry om uit die krisis te kom.

Wetenskaplikes van Indië waarsku dat die land hom moet gereedmaak vir ʼn volgende pandemie wanneer die huidige een aan die afplat raak.

Die naweek het die infeksie syfers ʼn nuwe rekord bereik toe aangekondig is dat die 24 uur tydperk net meer as 412,000 nuwe infeksies gehad het, en die sterftes vir dieselfde tydperk 3,980 gevalle was.

Die wetenskaplikes se advies is dat die owerheid gereed moet wees met alle middele tot hulle beskikking dat wanneer die huidige pandemie aan die afneem is, so te kan optree dat die volgende pandemie wat beslis sal kom, beter bestuur kan word.

Fase drie word voorspel as die gevaarlikste een aangesien dit regerings onverhoeds betrap en met nuwe variante wat vinniger oorgedra word, is die probleem soveel gevaarliker.