Grootdoenerig

Met die tot stand kom van die Ruwe Suid-Afrika meer as ʼn kwart eeu gelede, is die grondwet hoog opgegee as sou di die mees dinamiese en mees moderne grondwet ter wêreld wees, wat van die nuwe land ʼn heerlike paradys sou maak.

Dit was Mandela wat gesê het almal sal skoon water he, en elke dag ʼn bord kos om te eet, maar die grootpratery was miskien moontlik toe blankes nog kundige werkers was wat skoon water sou verseker vir elke kraan, maar die grootdoenerige nuwe heersers is gekant teen werkverskaffing vir blanke mans, en in besonder, teen Afrikaner mans.

Nou gaan onkundige Kubane glo die waterwerke help regmaak – al ken hulle nie die omstandighede van hierdie reënboog land met sy reënboog nasie nie.

Die grootdoenerigheid strek ook verder. Die lokasie bewoners het vertel hoe huise, yskaste en stowe vir hulle gegee gaan word, en nou het hulle na 27 jaar nog net ʼn plakkerskamp blyplek en miljoene wat daar woon sonder ʼn inkomste of ʼn vaste betrekking.

Waar gaan dit eindig? Die politieke ontleders van die wêreld wys daarop dat Suid-Afrika wat die kragtigste ekonomie en die beste vooruitsigte gebied het, nou 70ste op die ranglys is volgens die jongste opnames. Lande soos Rwanda vaar beter as die land waar korrupsie, diefstal, rassisme en geweld die hoogste vlakke het op die hele kontinente

Die huis bouery het vervaag want die land is bankrot gesteel deur regeerders. Die stowe en yskaste word nie meer plaaslik vervaardig nie, dit word vanaf kommunistiese plekke gekoop. Wie se skuld is dit alles – vra vir die president – dis nie koronavirus nie, dis apartheid….