Grieke en Turke in jarelange spanning

Die ernstige verskille tussen Griekeland en Turkye oor die Cipriotiese krisis behoort bygelê te word deur voortgesette gesprekke, lyk dit egter op die oomblik of die twee lande nie mekaar gou sal vind nie.

Pogings om die noordelike en suidelike inwoners van Ciprus bymekaar te bring om onderhandelings te hervat, het weereens misluk na hoeveel vorige pogings.

 Turkse en Griekse Cipriote kon nie met die pas afgelope onderhandelings genoeg gemeenskaplike gronde vind om sinvolle onderhandelings te hervat nie, en die lang tyd van konflik het selfs die Verenigde Nasies se Sekretaris-Generaal na vore laat tree om oplossings te probeer vind.

Uiteindelik het die VN se Sekretaris-Generaal, Antonio Guterres, daarin geslaag om die twee groepe in ʼn drie dae lange vergadering bymekaar te bring.

Na afloop van die drie dae, erken die VN dat die poging geen positiewe resultaat gelewer het nie, en word toegeskryf daaraan dat “nie genoeg gemeenskaplike gronde gevind kon word nie”.

Die geskil wat bestaan, het n lang geskiedenis, wat in 1977 ontstaan het toe Turke die noordelike deel van die eiland beset het, wat
gekaap” is deur ʼn Athena-gebaseerde Juta om die eiland Griekse eiendom te maak.

Die Turkse besetters het later die noordelike gebied verklaar as onafhanklik, wat daarna slegs deur Turkye erken is, en geen ander land bereid was om te erken nie.