Gaza krisis

Die oorlog tussen Israel en die terroriste groep Hamas wat tans die wêreldnuus oorheers, is niks nuut nie, maar die intensiteit van die gevegte het skerp gestyg.

Nagenoeg 2,500 vuurpyle (missiele) is in sewe dae deur Hamas afgevuur op Israel en daarvan het vyf die teiken getref wat ook vir die dood van agt mense in Israel veroorsaak het.

Hierteenoor het Israel met sy geheime missiel afweerstelsels daarin geslaag om die duisende missiele te kelder met sy hommeltuig afweer stelsel.

Die vegvliegtuie het talle geboue, waarvan minstens twee van groot belang is, met die grond gelyk gemaak omdat dit vestings van Hamas is. In die gevegte is die leier van Hamas ook gedood, en alhoewel die VSA gesprek voer met beide partye met die hoop dat die gevegte sal eindig, het Israel gesê die gevegte sal eindig as Hamas stop met die afstuur van missiele na Israel.

Kenners reken die kommunistiese lande is waarskynlik die verskaffers van die missiele wat Hamas so vrylik afvuur, maar daarvoor is nog geen bewyse gevind nie.

Die stryd oor wie Jerusalem besit, duur voort, en die beleid van “apartheid” word toegepas sonder om die woord te gebruik, en die verskil van die apartheid is dat die Palestyne nie “kwalifiseer” vir onafhanklikheid nie, al skree die wêreld ten gunste daarvan. Maar dat hulle ten gunste van afsonderlike ontwikkeling skree, word waarskynlik nie begryp nie, of die dubbele maatstawwe waaraan die wêreldheerser hulle so dikwels skuldig maak, mag toegelaat word vir Israel.