Franse verwerp Moslem hoofbedekking

President Macron

Die Franse President Emmanuel Macron se regerende party het gedreig om sy ondersteuning te onttrek van ʼn Moslem kandidaat wat in die plaaslike verkiesing van Junie deelneem.

Die dreigement kom nadat die Moslem vrou ʼn hoofbedekking gedra het tydens ʼn geleentheid van die verkiesings veldtog.

Stanislas Guerini, die hoof van die party het gesê die Moslem waardes is “nie versoenbaar” met die van die Party nie en die “vreemde simbole” benadeel die veldtog.

Die wetgewing in Frankryk plaas egter nie ʼn verbod op die dra van die tradisionele Islamitiese kleredrag waarvan die hoofbedekking die belangrikste kan wees nie.

In 2004 het Frankryk wel ʼn kontroversiële wet deurgevoer wat die dra van ʼn groot kruis hanger, of ʼn Islamitiese hoofbedekking en die Joodse “Kippah” in openbare plekke soos skole, biblioteke, en regeringsgeboue verbied. Daarmee wou bewys word dat Frankryk ʼn “sekulêre staat” is.