Facebook word in die bek geruk

Die senior beskermer in Hamburg, Duitsland, het die benklike optrede van Faceboek gestop deur hulle te verbied om WhatsApp kliente se data te gebruik.

Kommer bestaan dat die Facebook maatskappy besig kan wees met die “massa opbou” van data waarop hulle nie geregtig is nie.

Die Facebook maatskappy gaan glo appelleer teen die verbod, maar WhatsApp gebruikers is dit eens dat hulle nie met Facebook geassosieer wil wees nie en daarom moet hulle besonderhede beskerm word teen Facebook.

Johannes Caspar, die data beskerming kommissaris het Facebook kennis gegee om die gebruik van data te stop en gesê hulle moet ʼn privaat beleid opdatering doen wat in lyn is met Europa se data beskerming reëls.

Facebook se Duitse hoofkwartier is in Hamburg geleë, en die kommissaris het dit uitdruklik gestel dat die optrede nodig is om die miljoene gebruikers van WhatsApp se regte en vryheid volledig te beskerm.