Facebook kry ook SA teenstand

Die omstrede sosiale netwerk reus Facebook kry nou ook weerstand in Suid-Afrika oor die betrokkenheid van WhatatsApp data wat misbruik kan word.

Die eerste weerstand teen Facebook is in Duitsland begin en het die hof uiteindelik bevind dat Facebook nie die WhatsApp data mag gebruik nie. Deur dit wel te gebruik word die vertroulikheid van kliente geskaad en kan dit tot geweldige groot hofsake lei.

Nou het daar ook stemme opgegaan in Suid-Afrika dat die gebruik van WhatsApp data gestaak moet word ter wille van die onderneming dat kliënte se data vertroulik sal bly. Die argument is dat die oomblik wat Facebook die data bekom, die onderneming van WhatsApp verbreek is.

Dit blyk egter dat WhatsApp se vertroulikheid klousule verander is, wat die kliente se beskerming kan beïnvloed, het ingeligte waarnemers gesê.