Ethiopië: EU kanselleer waarnemer se besdoek

Die Europese Unie moes van sy plan afsien om ʼn span waarnemers na Ethiopië te stuur nie, aangesien die Afrika staat nog steeds met ʼn krisis sit met die oprigting van die reuse dam in die Nyl rivier.

 Die waarnemers wou egter die komende verkiesing op 5 Junie moniteer, maar het vroeër die week aangekondig dat daar van die plan afgesien is.

ʼn Woordvoerder van die Europese Unie het gesê die owerheid van Ethiopie sal nie bereid wees om in te stem met die sleutel parameters van die afvaardiging se verkiesings waarneming nie.

Die EU se integriteit met verkiesings waarnemings is die hoeksteen van die ondersteuning van ʼn demokratiese stelsel, het die EU woordvoerder later gesê, maar kenners van Afrika se politieke benaderings sê die wantroue onder regeerders teenoor buitelandse waarnemers is steeds een van die grootste redes vir weiering van sulke spanne.

Intussen het waarnemers in Suid-Afrika gesê hulle is nie oortuig daarvan dat die EU hom moet bemoei met Afrika verkiesings nie, en veel eerder sou wil sien dat die Verenigde Nasies ʼn waarnemer span stuur.

Ethiopië se verkiesings het oor die jare onder ë wolk van ongerymdhede plaasgevind, en die verwagting is dat die opposisiepartye weereens gaan sukkel om op demokratiese wyse hulle steun te behou.