Eskom: Waar sal dit eindig

Kusile

Die nasionale krag voorsiener Eskom is in proses van kwantifisering van verliese wat sowat R840 miljoen beloop vir werk wat by die Kusile kragstasie gedoen word.

Die inligting is bekend gemaak deur die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, tydens vraag en antwoord sessies in die parlement.

Die projek by Kusile is nog nie afgehandel nie, en die oorspronklike koste van R260 miljoen het intussen verhoog tot meer as R800 miljoen, wat die projek bekend as die Wilge Residential Development onekonomies maak, en is toe gestaak.

Deskundiges op ekonomiese gebied sê dit verklaar waarom die kragvoorsiener nie sy finansiële gemors kan omdraai na winsgewendheid nie.

Iemand het glo in die parlement gevra waar die verkwisting en wanbestuur gaan eindig.