Eskom gee nie salaris verhogings

Eskom, Suid-Afrika se nasionale kragvoorsiener, sê hy beskik nie oor die vermoë om salarisse te verhoog nie want hy het nie die geld daarvoor nie.

Die kragvoorsiener kon nie saamstem met die vakbonde wat nou eis dat salarisse by die Staats entiteit verhoog word nie, en met die verliese wat elke jaar die finansiële stand verder verswak het, is dit ook nie wenslik om ʼn aanbod te maak nie.

Die kragvoorsiener is besig om sy posisie te verbeter om beurtkrag uit te skakel, maar die eise van vakbonde om salarisse van werkers te verhoog, kniehalter die Eskom pogings.

Eskom sit met ʼn skuldlas van R464 miljard wat afgewerk moet word, en met die rentekoerse wat met tyd geleidelik gaan styg, word die uitdaging al groter.

Eskom het in die vorige onderhandelings van 2018 geswig voor die druk van vakbonde toe stakings begin het, en toe wel 7% goedgekeur, wat vakbonde die oorwinning gegee het, en wat waarskynlik weer vanjaar te wagte kan wees.