Eskom beurtkrag ontwrigtend

Eskom het sedert Sondag weer met beurtkrag begin en dit met fase 2 ingestel wat tot vannag sal duur as alles volgens plan verloop.

Dit is volgens die kragvoorsiener weer ʼn geval van onverwagse breekskade wat veroorsaak dat daar nie in die aanvraag voorsien kon word nie.

Alhoewel Eskom verskoning aanbied, is dit nyweraars en vervaardigers wat onthuts is omdat hulle poog om die sukkelende ekonomie op dreef te kry, maar wat met Eskom se beurtkrag omver gegooi word en weer miljoene Rand se verliese veroorsaak.

Hierdie keer is dit Tutuka wat glo drie opwekkings eenhede moet herstel wat onklaar geraak het.

ʼn Ander eenheid by Majuba kragstasie het ook veroorsaak dat dit afgesluit moes word vir herstelwerk.

Die gevolg is dat sowat 6,000MW oor 24 uur verlore gaan, het die woordvoerder gesê.