Egipte koop Franse vegvliegtuie

Die Egiptiese regering van president Abdel-Fattah el-Sissi het bevestig dat sy land besig is om 30 vegvliegtuie by Frankryk te koop.

Alhoewel die Franse ingestem het om die vliegtuie te voorsien, is dit sogenaamde menseregte aktiviste wat hulle kommer uitgespreek het oor die transaksie.

Die Rafale vegvliegtuig van Frankryk het uiters gewild geword, en Egipte wat een van Frankryk se getroue kliënte is, het sy waardering uitgespreek vir dioe Franse president, Emmanuel Macron, wat die transaksie goedgekeur het.

Benewens die 30 vegvliegtuie wat aan Egipte gelewer sal word, voorsien Frankryk ook gesofistikeerde militêre elektroniese toerusting

ʼn Vorige bestelling van Egipte het deur die mat geval weens twyfel van Frankryk of die kliënt in staat sou wees of die bedrag betaal kan word.

Die huidige bestelling vir vegvliegtuie wat Frankryk aan Griekeland gelewer het, beloop sowat €2.5 miljard, en die elektroniese toerusting meer as €200 miljoen.

Die transaksie met Egipte beloop na raming €3,7 miljard, en Frankryk sal die vegvliegtuie in die komende jaar lewer.

Egipte is die eerste kliënt wat die uiters gewilde en nuut opgegradeerde Rafale vegvliegtuie bestel het.