Die slenter met skorsing

Die ANC president het in April vanjaar aangekondig dat lede van die party wat vervolging in die gesig staar hulle poste sal moet ontruim seur te bedank.

Diegene wat geweier het om te bedank teen die einde van April, sal geskors word, maar dit is nie uitgespel wat skorsing sal behels nie.

Onbevestigde berigte lui dat geen bedankings op 30 April ingehandig is nie, en dat tyd verleng is met 10 dae waarin lede kan bedank.

Die slenter is blykbaar dat diegene wat geskors moet word, se skorsing nie duidelik is nie, en baie vrae het nou na vore gekom.

Die skorsing gaan hoogstens vir ses maande duur, en wat daarna gebeur, is onduidelik. Sal die persoon weer in sy amp herstel word, en het hy salaris ontvang gedurende die ses maande van skorsing?

Dit lyk of daar ʼn berg van ʼn molshoop gemaak is, se politieke ontleders wat die situasie met die ANC se Sekretaris-generaal, Ace Magashule, goed dophou.

Die vermoede bestaan dat die ANC nie regtig van die kriminele gaan ontslae raak uit vrees vir die uitwerking daarvan op die komende munisipale verkiesing.

Intussen het die ANC se Werk Komitee beveel dat Ace Magashule en verskeie ander lede wat ook vervolging in die oë staar, dadelik geskors moet word, maar daar is geen aanduiding van die tydsduur van skorsing nie.