Die kommunisme omvou SA

Die nuwe voorgestelde Nasionale Beleid op Data en Wolk laat die wenkbroue lig onder duisende mense in die land wat vrees dat gegewens nie meer privaatheid gaan geniet nie.

Die nuwe rigting waarheen die regering mik gaan waarskynlik ook ʼn toename in koste om sake te doen, sê die president van die Kaap Kamer van Handel en Nywerheid, Jacques Moolman.

Verskeie deskundiges op die gebied van data bewaring en beveiliging sê die beoogde wetgewing gaan die arm van kommunisme om gebruikers vou, en kommer bestaan oor die feit dat privaatheid nie meer gewaarborg sal wees nie.

Met die beperkte inligting beskikbaar is dit egter duidelik dat die regering eienaarskap en volle beheer gaan verkry oor elektroniese data wat in Suid-Afrika gegenereer word.

Enige persoon, ongeag waar hy hom sou bevind in die land, of selfs buite die land, se data is bekombaar vir die regering se oë, wat beteken dat elektroniese data wat normaalweg uiters privaat hanteer word, nou die regering se oë bereik.

Kenners sê die verdere kommer bestaan dat met die huidige vlaag van korrupsie onder ANC mense in die regering, word die kommer nog meer onder mense wat gebruikmaak van elektroniese privaatheid van data.