Die inenting veldtog is “voete sleep”

Die stadige vordering wat in Suid-Afrika ondervind word met die koronavirus inenting veldtog, is duidelik ʼn voete slepery wat duisende mense se lewens in gevaar stel.

Dit is die mening van ʼn geneesheer wat die proses deeglik monitor, en sê die gesondheidsdienste se werkers se lewens is in gevaar omdat die inenting nie vinnig genoeg vorder nie.

Hy sê daar is tans sowat 415,000 gesondheidsdiens werkers wat geïmmuniseer is, terwyl duisende werkers angstig wag om beskerm te word.

Die Minister van Gesondheid, dr. Mkhize sê die kumulatiewe getal bevestigde getalle van infeksies het vermeerder tot sowat 1,6 miljoen en ingeligte bronne wys daarop dat die nuwe infeksies daagliks met tussen 1,500 en 2,500 toeneem.

Die regering beweer dat entstof nou na “verskillende gebiede” versprei word wat die tempo van inenting sal verhoog.

Ontleders het daarop gewys dat die belofte van die regering om 40 miljoen ingeent te kry teen Desember, hoogstens wensdenkery was. Die onhaalbaarheid is gou verander na 22 miljoen teen Maart 2022, maar dit is nou reeds duidelik dat di took nie bereik sal word nie.