Covid: Sjina bied hulp aan Indië

Sjina, die land waar die Covid-19 koronavirus sy ontstaan het, het nou deur middel van sy president, Xi Jinping, aangebied op Indie behulpsaam te wees met die bestryding teen infeksie.

Die Sjinese Staats televisie kanaal het die berig gebeeldsaai met die kommunistiese president aan die woord, waartydens hy bygevoeg het dat sy land graag bystand wil verleen om die geweldige krisis met die pandemie in Indië te beveg.

 Die Sjinese president het ook sy meegevoel betuig met die Indiese Eerste Minister, Narendra Modi, se stryd om die daaglikse infeksies van meer as 300,000 per dag, te probeer verminder.