Covid krisis verhoog in Indië

Die koronavirus pandemie in Indië het nou die infeksie totaal van 20 miljoen mense bereik, wat die land genoodsaak het om selfs die Premier Liga krieket wedstryde te kanselleer.

Die land se gesondheidsdienste verkeer onder die grootste druk ooit in die geskiedenis, en die tekort aan entstof vererger die situasie en het ook paniek veroorsaak onder mense wat wag om ingeënt te word.

 Die krieket base sê hulle kan nie die krieketspelers en ander betrokkenes se lewens in gevaar stel nie, en was verplig om die wedstryde af te las.

Die besluit is eers geneem toe vier spanne bekend gemaak het dat hulle spelers het wat infeksie opgedoen het.

Woensdag is berig dat meer as 350,000 nuwe infeksie gevalle aangemeld is, en dit het opposisiepartye laat reageer deur te eis dat ʼn volle grendeltyd weer ingestel word.