Covid 19 – Pandemie of piramiede skema

Daar is volgens media berigte tot op datum  10,682,827 Covid 19 toetse gedoen deur laboratoriums in die land.  Teen ‘n gemiddelde koste van R800 per toets  bring dit jou by ‘n bedrag van R8,546, 261, 600 uit.  Makliker gestel R8,5 triljoen. 

‘n Massiewe bedrag wat spandeer is deur mediese fondse, privaat individue en die staat se gesondheid diens.

Die vraag is egter hoe akkuraat die toetse is. Menige gevalle is aangeteken waar ‘n individu positief getoets is  om net binne 10 dae “medies gesond” verklaar te word na ‘n verdere toets.

Met ‘n 95% herstel syfer van Cocid-19 gevalle  kan die vraag gevra word of daar werklik ‘n pandemie bestaan en of daar nie ander magte aan die werk is nie. Koste rondom Persoonlike Beskermde Toerusting (PBT of te wel PPE)  se uitgawes sal seker nooit werklik bereken kan word nie, en dan kom die koste van die entstof ter sprake.

‘n Berekening van tussen R150 en R250 per inenting bring die koste soos op 30 April 2021 op R360 miljoen te staan. Sou die regering 80% van die bevolking wil inent sal dit die land R34,5 triljoen kos, terwyl die effektiwiteit van die entstof onder verdenking staan.

Die vraag word gevra wie baat by hierdie “pandemie”?  Meeste PBT materiaal wat ingevoer word kom vanuit Sjina,   Van die 413 miljoen Covid 19 entstof  dosisse het Sjina tot op datum141 miljoen dosisse vervaardig.

Om die gedagtes verder te voer: Die koronavirus het in Sjina ontstaan….