Chad in hewige gevegte met rebelle

Kort nadat die verkose president Idriss Deby deur rebellemagte doodgeskiet is, het die leiers van die groep aangebied om met die tussentydse regering van Chad te onderhandel vir ʼn skietstaking.

Die seun van die oorlede president is intussen as leier van ʼn militere regering aangewys, wat die versoek tot ʼn skietstilstand geweier het, en enkele dae later het hewige gevegte hervat.

Teen die einde van verlede week het regeringsmagte en rebelle in die westelike streek van die land slaags geraak, en alhoewel geen getalle van ongevalle bekend gemaak is nie, was daar aan beide kante ernstige verliese.

Die gevegte in die woestyn gebied naby die Chad grens met Niger, het onophoudelik voortgeduur. Lojaliste van die ontslape president Deby en die Libië-gebaseerde rebelle het verwoed geveg, maar tot hede het Frankryk wat Chad baie ondersteun het oor dekades heen, nie toegetree tot die gevegte nie.