Britte, en Skotte hou streeksverkiesings

Stemgeregtigde kiesers regoor die Verenigde Koninkryk sal hulle stemme uitbring in verskillende streke en op plaaslike vlak maar Skotland is die sleutel verkiesing.

Indien die Skotse Nasionale Party wen met n meerderheid, sal die Skotte druk plaas vir die hou van ʼn tweede onafhanklikheid referendum.

Kiesers in Engeland, Skotland en Wallis sal nou die geleentheid kry om minstens in een stemming hulle mening te gee.

Sowat 50 miljoen kiesers regoor Brittanje maak gereed vir die verkiesing, en die regerings van Skotland en Wallis is van die belangrikste, maar die oë sal veral op Skotland se uitslag wees.

Skotland se Nasionaliste is ernstig om onafhanklikheid te kry om daarmee weer te mag toetree as lid van die Europese Unie nou dat Brittanje onttrek het terwyl die Skotte in ʼn meerderheid, teen onttrekking gestem het.