Brandstof noodtoestand in VSA

Met 140,000 brandstof vulstasies wat een na die ander begin om leeg te loop van brandstof, het paniek begin losbars onder motoriste, en het die federale regering ʼn noodtoestand afgekondig.

Die Joe Biden regering het aan motoriste die versekering gegee dat daar geen brandstof tekort is nie, wat klaarblyklik verkeerd verstaan word omdat dit weens die kaping nie beskikbaar is nie.

Verskeie state in die ooste van Amerika het ʼn noodtoestand afgekondig. Die state is op die verste punt van die pyplyn, en gevolglik is hulle die ergste geraak deur die ontwrigtende krisis.

Die regering se woordvoerder, sowel as die Colonial Pipeline hoof se versekering dat daar nie ʼn brandstof tekort is nie, het daar op vele plekke paniek ontstaan en was daar selfs konflik met vulstasie eienaars omdat hulle nie geholpe kan raak nie.

Wanneer ʼn noodtoestand in die VSA aangekondig word, is die regering gemagtig om die Nasionale Wag te aktiveer om enige oproer of opstand te beheer.

Donderdag is die stelsels van Colonial Pipelines herstel, maar die vloei van brandstof na die verskillende state sal nog etlike dae neem voor alles teruggekeer het na normaal.