Brandstof effens goedkoper

Woensdag behoort die prys van brandstof ietwat te daal en die ommekeer teenoor verlede maand se drastiese styging word toegeskryf aan die verstelling wat vir Meimaand gedoen word met die Rand wat redelik vertoon het.

Die AA sê die verwagting is dat brandstof ʼn geringe daling sal toon in prys, en verwag dat die Minister van Energie die aankondiging sal maak.

Die Sentrale Energie Fonds reken die prys van petrol sal ongeveer R0-13 goedkoper word, en diesel kan R0-32 goedkoper word.

,Die Departement van Energie sal die nuwe pryse, wat op Woensdag 5 Mei 2021 van krag word, betyds aankondig.