Bill Gates egpaar in egskeiding

Die mede-stigter van Microsoft, Bill Gates en sy eggenote, Melinda, het besluit om die huwelik van 27 jaar te beëindig met ʼn onverwagse skeisaak.

Te midde van die skeiding sal hulle nog steeds saamwerk in die

Gates Stigting wat die wêreld se grootste liefdadigheid stigting is.

Die twee sê hulle glo nie meer daaraan dat hulle huwelik kan groei nie, en daarom gaan die derde rykste man op aarde van sy vrou skei.

Die twee het in 1987 ontmoet en is sowat sewe jaar later eers getroud.

Die finansiële ooreenkoms tussen die twee is nog nie bekend gemaak nie, maar beide het hul hand op papier gesit dat die rykdom hoofsaaklik aangewend sal word vir gevalle van liefdadigheid.

Saam het die egpaar drie kinders grootgemaak en die Gates Stigting gevestig wat wêreldwyd funksioneer en selfs na die egskeiding sal voortgaan soos in die verlede.