Belastings kan nie verhoog, sê minister

Dit is ʼn bekende feit dat Suid-Afrika sy swakste ekonomiese toestand van alle tye beleef, en dat die ernstige finansiële probleme veroorsaak dat die regering nie daarin slaag om die toestand om te keer nie.

Groot kommer bestaan onder ekonome en finansiële deskundiges wat sê die land se rommel status het nie gestop nie, want die ekonomiese stand verswak nog steeds met die groeiende skuldlas.

Die feite word deur die Adjunkminister van Finansies, David Massondo erken as hy daarop wys dat die regering sukkel om die toestand te stabiliseer.

Die minister wys daarop dat die probleem reeds voor die begin van die koronavirus pandemie ontstaan het, en dat die verslegtende toestand net gegroei het.

Die regering wou die verslegtende situasie probeer omkeer met belasting verhogings, en het selfs die koopbelasting verhoog, maar die minister sê ook dit het nie werklik gehelp om die toestand te stabiliseer nie.

David Massondo erken ook dat die verhoging in belastings nie gewerk het nie aangesien daar nie ekonomiese groei is nie, maar dat dit in werklikheid gedaal het.

Hy sê dit is die rede waarom daar vanjaar belasting verligting ingebring is op die begroting.

Ekonomiese deskundiges wys daarop dat ekonomiese groei bevorder kan word deur groot nywerhede en sake instellings te bevoordeel met belasting toegewings om hulle te motiveer tot hulle werkskeppende projekte begin.