Belarus vernietig duisende vuurwapens

Die owerheid in Belarus het die afgelope week meer as 22,000 vuurwapens gekonfiskeer deur die polisie optrede, wat in ʼn smeltery vernietig is.

Volgens ʼn polisie woordvoerder het die smeltery sowat 60 metrieke ton herwinde staal opgelewer wat nou vir ander doeleindes gebruik sal word.

Meer as die helfte van die vuurwapens is gekonfiskeer regoor die land, maar baie wapens is vrywillig ingehandig om vernietig te word.

Wapen eienaars het ook met ʼn veldtog begin om mense aan te moedig om hulle wapens te oorhandig aan die polisie, wat veroorsaak het dat baie met ʼn wettige vuurwapen lisensie, ook afstand gedoen het.

ʼn Beduidende aantal verouderde vuurwapens wat deur die polisie gebruik was, maar in onbruik geraak het, is ook vernietig, en die polisiediens is tevrede dat die 22,457 wapens uit die samelewing verwyder is om groter veiligheid te verseker, is gesê.

Dit is die derde keer dat Belarus se veiligheidsmagte saamgewerk het met die staal vervaardiger, ArcelorMittal, om ongewensde  vuurwapens vernietig te kry deur dit te smelt.