Australië onttrek troepe uit Afghanistan

Eerste Minister Scott Morrison van Australië het bekend gemaak dat die ambassade sal in Afghanistan gesluit word weens die stygende veiligheids risiko’s wat tans heers met die onttrekking van soldate uit die land.

Die premier sê die ambassade sal weer heropen word “wanneer die omstandighede in Afghanistan dit toelaat”.

 Australiese troepe word ook onttrek uit die land, in navolging van Amerika en Europese lande soos Duitsland wat besluit het om te onttrek uit die oorlog geteisterde staat.

Die ambassade sal glo die einde van die week, of minstens die einde van Meimaand gesluit word tot tyd en wyl die toestande in die land veiliger is.

Die ambassade wat in 1969 tot 2006 aktief was, het daarna aansienlik minder skakeling gelewer, en die verwagting is dat dit ʼn geruime tyd gesluit sal bly.

Die Amerikaanse troepe sal op 11 September onttrek word, wat paslik is as die dag, 20 jaar tevore, toe die VSA se Wêreld Handelsentrum deur Al-Kaïda terroriste aangeval en vernietig is. Honderde mense se lewens is geëis toe die gebou inmekaar gestort het.