ANC skorsing na hof geneem

President Cyril Ramaphosa en sy ondersteuners het nou kennis geneem van Ace Magashule se optrede om die party se beslissing om hom te skors as sekretaris-generaal, deur die hof te laat beoordeel.

Die regsproses wat nou volg om die geskil te besleg, kan weke duur, alhoewel Magashule ʼn semi-dringende aansoek gebring het.

Hy beweer dat die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC se besluit om hom te skors, gebaseer is op die beginsel om “eenkant te staan” omdat hy vervolging in die gesig staar, maar Magashule sê hy kan eers geskors word as hy skuldig bevind is van ʼn misdaad.

Meningsvormers in die ANC sê die “staan eenkant” resolusie het niks te doen met die skoonmaak proses van korrupte nie, maar daar is ook diegene wat reken Magashule kan dalk reg wees.

Meningsvormers is van oordeel dat die beslissing van die hof, ongeag wat daardie uitspraak sou beteken en wie die wenner sou wees, die kloof verder vergroot en verdiep sal word tussen die Ramaphosa groep en die Zuma faksie.

Intussen is berig dat die ses seniors van die ANC se Uitvoerende Komitee Maandag vergader het om die nuwe wending van Magashule te bespreek wat nou die Hooggeregshof genader het met ʼn semi-dringende aansoek.