ANC minister ook korrup

Die Minister

In die afgelope jaar was die ANC se Minister van Gesondheid een van die mees prominente kabinet ministers weens die koronavirus pandemie.

Maar die afgelope week het die stemme al duideliker en harder opgegaan dat hy uit sy amp moet bedank weens ʼn korrupsie skandaal waarby hy blykbaar betrokke is.

Die minister is ook voor die hof gedaag nadat ʼn vakbond beweer het dat die minister by beweerde onregmatigheid betrokke is.

Die Minister, dr. Zweli Lawrence Mkhize, asook die president, Cyril Ramaphosa, verkeer onder erge druk van ANC kiesers wat eis dat hy self bedank voor hy afgedank word, maar die president sê daar word ondersoek gedoen na die bewerings dat hy by korrupsie betrokke is.

Politieke ontleders sê dit is vreemd dat gerugte oor Magashule hom sy pos as Sekretaris-generaal van die ANC gekos het toe hy geskors is, maar die minister word nie geskors oor sy beweerde korrupsie nie.

Die minister is glo betrokke by die R150 miljoen korrupsie skandaal wat ook verbind word aan ʼn maatskappy “Digital Vibes” wat kommunikasie dienste aan die regering lewer.

Intussen word ondersoek na die hele aangeleentheid gedoen, en die minister het erken dat tender bedrog gepleeg is.