ANC het tyd nodig vir skorsing

Benewens die Sekretaris-generaal van die ANC se weiering om self te bedank uit sy pos, is daar ook verskeie ander hooggeplaastes in die party hiërargie wat onder dieselfde kamp as Ace Magashule geskeer moet word.

Volgens ʼn woordvoerder van die ANC is daar nou ʼn neergelegde proses wat gevolg moet word voor skorsing gedoen kan word, en dit kan soveel as twee weke neem.

Ace Magashule se weiering om terug te staan het die hele ANC in ʼn afwagtende posisie om te kyk wat gaan in die komende weke gebeur.

 Die ingewikkelde deel is glo dat verskeie ANC lede in senior poste in die verskillende provinsiale regerings ook moes bedank volgens die Nasionale Uitvoerende Komitee se verklaring, wat nie gebeur het nie.

Dit sal beteken dat daar waarskynlik ʼn reeks dissiplinêre verhore gehou gaan word, maar hieroor bestaan daar onduidelikheid oor hoe dit gedoen gaan word.