ANC het ernstige geld probleme

Duarte

Die regerende politieke party sit met ʼn ernstige tekort aan kontant en is vasgevang in ʼn noodsituasie met die vooruitsig om sonder geld die munisipale verkiesing tegemoet te gaan.

Die munisipale verkiesing wat in Oktober gehou word is ʼn ernstige hindernis vir die ANC wat waarskynlik gaan sukkel om die verkiesing veldtog te voer terwyl geld nie beskikbaar is nie.

Donateurs het glo opgehou om by te dra nadat die nuwe reel in werking getree het van pro rata bydraes wat deur die staat betaal word aan elke deelnemende politieke party.

In ʼn video opname wat glo “gelek” het, word gehoor hoe erken word in ʼn vergadering van die Party se seniors dat daar nie geld is om die amptenare van die ANC te betaal nie en dat minstens die helfte afgelê sal moet word.

Personeel moes verneem dat hulle dalk eers oor ses maande hulle salaris vir die huidige maand sal kry, maar ingeligte bronne beweer dat die party gedwing gaan word om met afleggings te begin.

Jessie Duarte, wat tydelik die plek ingeneem het van Magashule wat geskors is, het gesê hulle sukkel. Hulle het ʼn kontant probleem.