Amerikaanse skip waarsku Iran

Die Amerikaanse Vloot het nie gehuiwer om op een van sy oorlogskepe met lewendige ammunisie sy waarskuwings skote af te vuur terwyl die skip van Iran agterna gesit is nie.

Die voorval in die Persiese Golf is die tweede van die aard in die afgelope week, en het twee rondtes lewendige ammunisie gekos wat afgevuur is voordat die skip van Iran omgedraai het.

 Die vinnige boot van Iran het direk afgepeil op ʼn groep Amerikaanse skepe van die Vloot waarvan die USS Georgia, wat geleide projektiele dra, een is wat bedreig gevoel het.

Die Georgia was gereed om van su geleide projektiele aft e vuur om die naderende boot van Iran te kelder, maar die vyandelike gebaar is gestuit toe waarskuwingskote afgevuur is met lewendige ammunisie.

 Sowat 13 vinnige bote van Iran was ʼn ent verder, maar die paramilitere bote wat klaarblyklik deel van die Islamitiese Revolusionêre Wag  is, is ook gewaarsku dat hulle “onveilig en onprofessioneel” optree, en van hulle was tot so na as 150 meter weg van die Amerikaanse skip voor hulle omgedraai het.