Zuma word as arrogant beskou

Politieke ontleders bestempel die optrede van Jacob Zuma as arrogant, en sommige reken sy uitdagende houding moes lank tevore reeds met die mag van die swaard gedemp gewees het.

Daar is in die geskiedenis van Suid-Afrika nog nooit ʼn geval soortgelyk aan die van Jacob Zuma aangeteken nie, en dit weerspieël nie sy dapperheid, of onverskrokkenheid nie, maar is ʼn toonbeeld van die ANC regering se onwilligheid om reg en geregtigheid toe te pas.

Dit is die mening van ʼn onafhanklike volkekundige wat gereageer het nadat Zuma die owerheidsgesag uitgedaag het met sy woorde dat hulle hom agter tralies moet sit.

Zuma het ook nie gehuiwer om aanvanklik vir regter Zondo te beskuldig dat hy bevooroordeeld is, en later selfs regters in die Grondwethof daarvan beskuldig dat hulle in die hande van die vyandelikes speel.

Intussen word Suid-Afrika op internasionale gebied geminag vir sy onvermoee om Jacob Zuma te straf vir sy oortredinge.