Zuma se regsverteenwoordigers afgedank

Bevestiging is ontvang dat die voormalige president van die ANC, Jacob Zuma, sy hele span regsverteenwoordigers afgedank het, en dit kom enkele dae voordat hy die korrupsie verhoor en ander regsake moet trotseer.

Waarnemers reken dit is ʼn metode om uitstel te kry vir die verhoor, omdat hy nou ʼn nuwe regspan sal moet aanwys wat tyd gegun moet word om die saak in die Hooggeregshof te hanteer.

Die aankondiging dat hy sy regspan die trekpas gegee het, kom ietwat vreemd voor, aangesien hy geen redes verstrek het vir die stap nie.

Die vyf regsgeleerdes is sedert 2018 met Zuma se sake besig, en die huidige optrede word deur waarnemers as uiters vreemd en verdag beskou.

Die stap van Zuma word nog meer verdag as daarop gelet word dat die Hooggeregshof in Pietermaritzburg per brief in kennis gestel is van die afdanking, en verskeie regsgeleerdes vind die stap uiters vreemd.