Zuma sal nie tronk toe nie

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het onlangs gesê hy sal nie voor dioe Zondo Kommissie getuig met Regter Zondo in die voorsitterstoel nie.

Kort daarna het hy gereageer op hof uitsprake en gesê hy sal bereid wees om tronk toe te gaan, maar weier om deur Regter Zondo aangehoor te word want die regter is “bevooroordeeld”.

Intussen sit Suid-Afrika en toekyk hoe die ANC regering sit en wag dat iets onnatuurlik moet gebeur, solank hulle net nie teen die misdadiger hoef op te tree nie, word gesê.

Edward Zuma het nou ook sy stem dik gemaak, en sê daar is geen manier dat Jacob Zuma in ʼn tronksel aangehou gaan word vir twee jaar nie.

Onbevestigdeberigte lui dat foto’s en ʼn video gelek het waar Jacob Zuma met spies en kierie in die hand, sy ondersteuners toespreek, klaarblyklik met die doel om hulle te motiveer om hom te beskerm teen moontlike arrestasie.

Die gesprekke wat verskillende persone namens organisasies en bewegings met Zuma gevoer het, is waarskynlik een van die redes waarom die Ramaphosa regering huiwerig is om reg en geregtigheid van toepassing te maak, is die mening van mense op die sosiale netwerk.