Zoeloes gekant teen Zuma

Die Zoeloe regimente wat daarvoor bekend is dat hulle oor ʼn lang tyd lojaal gebly het teenoor hulle ontslape koning Goodwill, het in geen onduidelike taal hulle gedistansieer van fop nuus oor hulle lojaliteit.

Die regimente het gerugte ontken dat hulle bereid sou wees om enige optrede teen te staan as daar teen Jacob Zuma opgetree sou word.

Gerugte dat die regimente die “tradisie” sal voortsit om hulle samewerking te gee wat sal help om arrestasie van Zuma te verhoed, is onomwonde verwerp en het hulle gedistansieer van so ʼn moontlikheid.

Mlandeli “Mgilija” Nhleko, die leier van die regimente sê die bewerings is leuens wat baie gou na Nkandla wys om die voormalige president te bevoordeel, om sodoende arrestasie te probeer verhoed nadat die Grondwethof uitspraak gegee het.

Hy sê daar is ook gerugte dat die regimente die ou MK beweging sal ondersteun, maar dit is alles deel van leuens  wat verwerp word.