Winter koue kruip nader

Drakensberg 2020

Suid-Afrika kan kouer weer verwag vanaf Vrydag as die ligte sneeu op die Drakensberge val en die koue wind groot dele van die land tref.

Skerp daling in die dag temperatuur word verwag wat vir die volgende vyf dae sal duur, maar dit is nie gewaarborg dat die laer temperature nie langer by ons sal wees nie.

Saterdag kan dit met tot 10 grade Celsius afneem en kan dit in die binneland van 18 grade tot 21 grade Celsius word, terwyl die nagte ook skerper word.

Weer kenners reken die winter kan aansienlik kouer wees as verlede jaar, en skryf dit toe aan die goeie reëns wat oor groot dele van die land uitgesak het en die aarde afgekoel het.

Die positiewe hiervan is dat die kouer winter ook die peste en plae sal verminder vir landbouers, en die hoop bestaan dat dit weer lei tot ʼn beter somertyd.