Wie gaan Nkandla koop?

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het nog ʼn harde hou gekry met die hof uitspraak dat hy verplig is om al die hofsake wat in sy persoonlike hoedanigheid aangegaan is, se koste self moet betaal.

Ingeligte bronne reken dit kan tot soveel as R60 miljoen beloop, alhoewel daar nie sekerheid is van hoeveel sake, en teen watter koste, elke saak gevoer is nie.

Zuma was klaarblyklik van mening dat die staat verantwoordelik is om vir al sy hofsake te betaal, maar dit is nou duidelik dat hy self verantwoordelik is,.

Kommer bestaan egter oor watter kontroles uitgevoer gaan word dat hy wel die geld aan die staat terugbetaal, en sommige bronne reken hy beskik nie oor die fondse om die rekeninge te vereffen nie, behalwe as hy oor geld beskik wat iewers in die buiteland gebank is.

Indien daar geen fondse is nie, sal Nkandla dalk in die mark kom, sê politieke ontleders wat die saak noukeurig volg.