WGO waarsku Europa oor stadige inenting

Die stadige tempo waarteen Europese lande wat lid is van die Europese Unie hulle inenting veldtog dryf, het die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) laat reageer.

Die WGO het Europese lande gewaarsku dat die koronavirus ʼn toestand is wat meer bekommernis is as wat dit in maande was en sê die verspreiding wat die EU behartig, onaanvaarbaar stadig is en dadelik moet verbeter as ernstige rampe voorkom wil word.

Intussen het Duitsland aangekondig dat hy entstof voorraad direk van vervaardigers gaan bestel aangesien die EU se verspreiding veels te stadig is.

Talle lande, waarvan Frankryk die ergste geraak word, beleef ʼn derde pandemie en is dit in sekere lande erger as wat die aanvanklike pandemie was.

ʼn Woordvoerder van die WGO het gesê die slordige wyse waarop entstof verspreiding onder EU beheer hanteer word, behoort dadelik reggestel te word.

Later is verneem dat Frankryk sy koronavirus grendeltyd nou van krag gemaak het vir die hele land aangesien die nuwe infeksies rekord hoogtes ingaan en entstof tekorte die inenting vertraag.