WGO: Pandemie nog ver van verby

Tedros Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het weereens ʼn pleidooi gelewer by wêreldleiers om die infeksies te laat afneem deur strenger inperkings maatreëls, om die koronavirus pandemie te bestry.

Hy het beklemtoon dat die toediening van entstof belangrik is, maar dit alleen is nie voldoende nie, en reken voorts dat regerings voortdurend moet moniteer wat nog gedoen kan word om die pandemie hok te slaan.

Hy sê die afname in nuwe infeksies in groot dele van die wereld is egter nie ʼn aanwysing dat die pandemie verby is of die stryd gewen is nie, want in vele lande is dit nog gevaarlik hoog in sterftes en in nuwe infeksies.

Die aanvanklike waarneming dat die infeksies in Januarie aan die afneem was, het die gevoel gelaat dat die pandemie besig is om uit te woed, net om in Februarie weer skerp stygings in verskeie lande gehad het, terwyl entstof wel vrygestel is, maar nie voldoende voorraad is om enige land se pandemie dramaties te verminder nie.

Terwyl Brittanje en Suid-Afrika redelike skerp afnames in nuwe infeksies ondervind, is lande soos Duitsland, Frankryk, Indië  en talle state in Latyns-Amerika se pandemie nog ver van die draaipunt.