Wes-Kaap gesondheidsdiens op dreef

Die Wes-Kaap se Gesondheidsdiens werkers is op dreef, en met April reeds in die helfte, het die provinsie slegs twee gevalle van werkers wat koronavirus infeksie opgedoen het.

Die skerp afname onder die gesondheid werkers in die provinsie is ʼn sterk aanduiding dat hulle besig is om die stryd minstens onder die werkers te wen.

Met die gegewens wat bekend gemaak is, is die totale aantal gesondheidsdiens werkers wat infeksie opgedoen het, slegs 16 gevalle terwyl dit in Desember 2020 die skrikwekkende getal van 1,971 werkers was wat koronavirus infeksie gehad het.

Dit is die laagste wat die infeksies nog was in die Wes-Kaap sedert die pandemie in Maart 2020 die land getref het, en die daling word hoofsaaklik toegeskryf aan die immunisering van werkers wat suksesvol verloop.

Die hoop is uitgespreek dat dieselfde positiewe resultate in ander provinsies ondervind word, wat die tweede fase van immunisering sal vergenaklik.