Werkloosheid krisis nog lank in SA

Arbeid deskundiges en ekonomiese instansies het ʼn ontleding gemaak van die arbeid situasie in Suid-Afrika, en volgens die verslae is daar nie ʼn vinnige herstel moontlik nie.

Alhoewel verskillende scenario vir die land gesien word as moontlikhede, is geeneen daarvan sodanig dat dit vinnige oplossings bied nie.

Werkloosheid was voor die pandemie reeds ʼn ernstige probleem, en die deskundiges reken dat die pandemie die werkloosheid situasie net vererger het, en dat dit soveel as 10 jaar kan neem om reggestel te word.

ʼn Groei van net meer as 3% word voorsien vir vanjaar, gemeet teenoor verled jaar se stilstand ekonomie, wat beteken dat sowat 400,000 nuwe werkgeleenthede kon ontstaan, maar teen die tyd dat die poste gevul word is daar weer skoolverlaters wat as werklose mense getel moet word.

Die eis dat die regering  die R350.00 werkloosheid hulp moet voortsit, dra by tot ʼn gees van werkskuheid wat die ekonomie verder kniehalter.

Ekonome reken die werkloosheid sal eers begin verminder teen 2025, maar dit word geneutraliseer met skoolverlaters en afgestudeerde studente by universiteite, wat vol verwagting na werk soek om nie te vind nie.

Ontleders verwag dat die stadige verandering van minder werklose mense sal eers oor ʼn dekade tot die vlak van 20% daal, met dien verstande dat daar nie nuwe krisis situasies in die land ontstaan nie.