Wêreld onrus

Behalwe dat die dreigende gevaar van Iran na die agterkant geskuif het met die kernwapen ooreenkoms wat in die vooruitsig is, het verskeie ander wêrelddele gevaar seine begin flikker.

In Rusland heers ʼn mate van aggressie teenoor die Oekraine, en die teenwoordigheid van groot getalle van sy militêre mag is nie net daar as afskrikmiddel nie, maar ook ʼn doelbewuste strategie om die grens van die Oekraine te trotseer waar pro-Russiese elemente besig is om die skietstilstand met die Oekraine te verontagsaam en wat kan lei tot grootskaalse gevegte.

Die aggressie van Noord-Korea word beskou as een van die mees uitdagende en oorlog sugtinge state van die wêreld, en met sy kernwapen program wat ongestoord voortgaan, kan daar niks goeds voorspel word nie. Dit is lande soos Japan wat eerste in die skyf is, en met Sjina wat poog om sy seegebied sonder slag of stoot uit te brei deur kunsmatige eilande te vestig wat toegerus word met vliegtuig landingsbane, kan verwag word dat die optrede tot konflik met Westerse lande beteken.

Om die somtotaal van die gebeure saam te vat, is die merkwaardige dat die drie kommunistiese state elk op ʼn eie manier besig is om Westerse lande uit te lok, en word die vraag al duideliker oor waarheen afgestuur word.

Sjina se doelgerigte uitbreiding om meer grond te bekom en sy gesag te laat geld, word waargeneem met die belange wat hy tans uitbrei in Afrika state.

Dat die wêreldvrede wat tans heers, slegs ʼn kunsmatige vrede is, word nie betwyfel nie, en daarom sal die wêreld se onrustigheid voortduur tot ʼn beter oplossing gevind word.