Wêreld maak gereed vir oorlog

Die wêreld is blykbaar besig om gereed te maak vir oorlog as gekyk word na die gesondheid- en ekonomiese krisis, maar meer wapentuig word vervaardig en verkoop.

Gedurende 2020 het die spandering aan militêre toerusting skerp gestyg volgens die studie wat deur die Sweedse Navorsing Instituut gedoen is.

Wat dit onheilspellend maak, is die feit dat slegs vyf moondhede vir die dramatiese styging verantwoordelik is vir aankope en vervaardiging van militêre toerusting.

Die VSA spandeer 40% van die wêreld se uitgawes op militêre toerusting en wapentuig, en is die grootste militêre mag in die wêreld.

Die wereld het in die afgelope jaar sowat 2,6% meer aan wapentuig spandeer, wat beteken dat byna $2 triljoen spandeer is, waarvan die grootste deel deur 5 lande spandeer is.

Die VSA, Sjina, Indië, Rusland en die Verenigde Koninkryk se aandeel beloop 62% van die totaal, met lande soos Saoedi en ander Europese lande wat ook redelike groot investering gedoen het.