Welvaart neem skerp af in SA

Afr-Asia Bank het in samewerking met New World Wealth ʼn verslag gepubliseer waarin die welvaart situasie in Suid-Afrika ondersoek is.

Volgens die verslag het Suid-Afrika wel twee keer meer miljoenêrs as enige ander Afrika staat, maar Egipte het meer miljardêrs as enige ander staat op die kontinent.

Te midde van die feite, is Suid-Afrika se miljoenêrs aan die minder word, en het in die afgelope dekade aansienlik verminder tot aan die einde van 2020/

In die verslag word gemeld dat ʼn miljoenêr gemeet word aan $1 miljoen of meer, en dit het getoon dat die land 1,930 multi-miljoenêrs het, wat beteken dat hulle meer as $10 miljoen aan bates besit.

 Suid-Afrika beskik egter net oor 5 miljardêrs wat beskik oor $1 miljard of meer in totale bates.

Volgens die verslag het Suid-Afrika se welvaart met 25% afgeneem in die afgelope dekade, en kenners reken dit laat rooi ligte flikker.

Die bevinding is gegrond op die swak vertoning van die Effektebeurs, die groot aantal sakeondernemings wat hulle deure moes sluit, en die verslegtende toestand in die eiendoms mark.