Wat nou met Magashule

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, se bedanking het blykbaar nie gekom nie en soos verwag is, sal skorsing nou moet plaasvind.

Die president, Cyril Ramaphosa, sal nou getoets word om sy “politieke mag” te demonstreer al het hy sterk standpunt ingeneem op die voorstoep van die sekretaris-generaal met sy toespraak die afgelope Dinsdag.

Die president sal nou die staal moet wys, want dit is waarskynlik nie net Ace Magashule wat geskors moet word nie, en alhoewel hy die hoof indoena is wat geskors moet word, is daar ook ander wat nog nie bedank het nie.

Intussen is verneem dat die voormalige premier van Noord-Wes, en provinsiale parlementslid Supra Mahumapelo vir ʼn tydperk van 5 jaar uit die ANC geskors is, en dit laat die vraag ontstaan of Magasjule ook vir ʼn bepaalde tyd geskors gaan word, of sal dit permanent wees – indien wel geskors gaan word, is gevra.