Wat moet SA glo

Onbevestigde berigte lui dat President Ramaphosa verlede week gesê het die poging om hom uit die kussings te lig, het misluk, en dit verklaar glo waarom hy lede van die party voor die keuse gestel het as hulle beskuldig word van korrupsie of ander misdrywe.

Die ANC president het op die uitsaai media gesê Ace Magashule en ander wat in die beskuldiging bank staan oor misdrywe, het die keuse om te bedank of om geskors te word.

Die dreigement word algemeen gesien as ʼn oorwinning teen die Zuma-ondersteuners waarvan Magashule die mees prominente een is.

Die Sekretaris-generaal het egter vroeër in geen onduidelike taal gesê hy sal nie bedank nie. Dit kan meebring dat hy geskors word, en dit is onduidelik of di skorsing sal insluit dat salaris nie betaal sal word nie.

Die president het ook verwys na die inenting veldtog en gesê dit gaan versnel word. Die 40 miljoen het egter na 22 miljoen verminder wat teen Desember ingeënt sal word, maar kenners trek die getal ook in twyfel.