Vuurpyle tref VSA basis in Irak

Minstens vyf vuurpyle, wat deur sommige joernaliste as missiele bestempel is, is afgevuur na die Amerikaanse basis in Irak, en die vermoede bestaan dat Iran daarvoor verantwoordelik kan wees.

Die basis wat aan Amerika toegestaan is, huisves VSA troepe waarvan twee beserings opgedoen het, asook drie soldate van Irak het wonde opgedoen.

Die spanning is aan die oplaai tussen Iran en Irak, veral in die lig van Amerikaanse teenwoordigheid in Irak om die land se regering by te staan teen terreur aanvalle.

ʼn Aantal F-16 vegvliegtuie wat op die basis aangehou word, is ook geteiken maar geen een is getref deur vuurpyle nie, maar van die geboue is getref alhoewel die skade gering is.

ʼn Woordvoerder van die Irak weermag sê een van die mense wat deur die aanval beseer is, se toestand is ernstig en word in ʼn hospitaal versorg.

Ta;;e instansies uit die VSA is ook in die basis gestasioneer wat diens doen om die Amerikaanse F-16 vegvliegtuie se diens en onderhoudswerk te behartig, en een van die werkers het ook beserings opgedoen.